JOHANNESBURG. – ‘n Vermeende spoedvraat is in hegtenis geneem nadat hy 203 km/h in ‘n 120 km/h-sone op die N4 in sy Golf 7 TSI gery het.
Die man is aangekla vir roekelose bestuur by die Akasia-polisiekantoor in Pretoria, met ‘n alternatiewe aanklag omdat hy die spoedgrens oorskry het. Hy het Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.
“Hierdie nuwe neiging van bestuurders om teen ‘n uiterste hoë spoed te ry, is onnodig. Daarom moet dit ten sterkste veroordeel word,” sê Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid.
LEES OOK: 19-jarige in hegtenis na familie van vier in ongeluk sterf
LEES OOK: Tiener (19) probeer glo ouers vergiftig met gif aanlyn gekoop
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



