19-jarige in hegtenis na familie van vier in ongeluk sterf

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het ‘n 19-jarige in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur nadat ‘n ongeluk die lewe van vier familielede, tussen drie en 32 jaar oud, geëis het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die 19-jarige sal die week in die Ladysmith-landdroshof verskyn. “Twee afsonderlike voertuie het op die N11 naby Elandslaagte gereis toe hulle in ‘n ongeluk met ‘n derde voertuig betrokke was,” sê Gewala in ‘n verklaring.

Die vier familielede is op die toneel dood verklaar, terwyl nog vier mense, wat in ‘n ander voertuig gereis het, kritieke beserings opgedoen het. Hulle is na ‘n hospitaal vir mediese behandeling geneem. Die drie insittendes van die derde voertuig het ligte beserings opgedoen.

LEES OOK: Howick-moord: vyf vas na boer glo in slaap gesteek is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.