Tiener (19) probeer glo ouers vergiftig met gif aanlyn gekoop

Deel hierdie storie / Share this story

ITALIë. – ‘n Tiener, Alessandro Leon Asoli (19), se ouers het nie vermoed dat hy hulle glo wil probeer vergiftig toe hy een aand aangebied het om aandete te maak nie.

Die tiener se ma (56), slegs bekend as MM, het aan Ruetir, ‘n plaaslike mediablad, vertel die seun het vir die afgelope week aangebied om dié aand kos te maak. Min het hulle geweet Asoli het ‘n spesifieke preserveermiddel aanlyn gekoop om glo in die pasta te gooi.

Tiener vergiftig ouers met “pasta”

Die pa, Loreno Grimaldi (66), her dadelik na sy bord pasta begin sleg voel en op die bank gaan lê. Die ma vertel verder sy het nie baie van die kos geëet nie en Asoli was baie ontsteld daaoor. Sy het haar ontstelde seun in die kamer gaan troos. “Nie eens gif kan jou doodmaak nie!” het hy glo gegil toe hy sy ma in die kamer gewurg het. Grimaldi is intussen op die bank dood.

Alhoewel daar nie berig word oor hoe die ma aan die situasie ontsnap het nie, lui berigte wel dat sy tans in ‘n hospitaal aan die herstel is.

Tiener nou in aanhouding

Die 19-jarige beweer hy is onskuldig. Plaaslike media berig verder Asoli het erken dat hy die gif self gekoop het, maar met die doel om selfdood te pleeg. Hy beweer sy ma het sy stiefpa vermoor. Asoli is tans in aanhouding en klagte van moord en poging tot moord word ondersoek.

Daar word beweer die tiener het psigiatriese probleme. Sy situasie het die afgelope tyd erger geword. Dit is glo nie die eerste keer wat hy sy ma aanval nie. Hy was glo al deur ‘n psigiater behandel.

LEES OOK: Energiedrankies – man moet nieroorplanting kry na vier ‘n dag

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus