JOHANNESBURG. – ‘n Man (33) wat glomet sy motor in ‘n restaurant, News Café, in Rosebank wou injaag, het Maandag in die hof verskyn.
Daar word beweer die man het glo met sy motor in die restaurant probeer inry nadat hy glo deur die sekuriteitswagte toegang geweier is. Hy het glo daar aangekom om sy eks-meisie te sien wat hom nie wou sien nie. Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die man is aangekla van roekelose en nalatige bestuur asook bestuur terwyl hy onder die invloed van drank was.
Video’s en foto’s oor die voorval was ooral oor Facebook en Twitter gedeel. News Cafe het ook oor die voorval getwiet en gesê hulle is bly niemand is tydens die voorval beseer nie.
LEES OOK: Padongeluk by Engcobo eis vyf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



