Beaconsfield-kafee deur vermeende rowers met vuurwapens beroof

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Drie onbekende mans het na bewering Maandagaand omstreeks 20:15 ‘n kafee in Pullingerstraat, Beaconsfield, beroof.

“Hulle het die werknemers glo met gewere aangehou en het met ‘n onbekende bedrag kontant en ander items gevlug,” het kapt. Tasse Jansen, polisiewoordvoerder, aan FiNDiT bevestig.

Die polisie vra die publiek se hulp en enigiemand met inligting om die Crime Stop-nommer by 0800 10111 te skakel of via die MYSAPS-app kontak te maak. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

LEES OOK: Nege in hegtenis na protesaksie in Kimberley

LEES OOK: 19-jarige in hegtenis na familie van vier in ongeluk sterf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.