KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (19) het ernstige beserings opgedoen na sy Saterdagaand glo van die Canelands-brug in Verulam afgespring het.
‘n Verbyganger het Reaction Unit South Africa om ongeveer 21:20 gekontak en in kennis gestel van die meisie wat hulle gedink het is raakgery. Toe lede van die reaksie-eenheid egter op die toneel aankom, het hulle vasgestel sy het vermoedelik probeer selfdood pleeg deur van die brug af te spring.
Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood
Sy is op die toneel behandel vir verskeie beenbreuke voor sy met ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem is.
Redes oor hoekom sy haar eie lewe wou neem, is nog onbekend. – Arrive Alive
Lees ook: Leerling (15) neem glo eie lewe ná geboelie by skool



