HERMANUS. – Hector se vermeende mishandelaars, ‘n man en ‘n vrou, van ‘n bekende huis- en troeteldieroppasdiens, wat Hector, die bokser, na bewering mishandel het, verskyn vandag weer in die Hermanus-landdroshof. ‘n Video, waarin Hector, die bokser, hardhandig hanteer word, het aan die lig gekom, waarna die twee persone aangekla is.
Die voorval het tussen 20 en 23 Maart gebeur. Die video waarin die man en vrou verskyn, is oral op sosiale media gedeel. ‘n Bokser word in die video geslaan en daarna by die deur uitgooi.
Die Nasionale Raad van Verenigings ter voorkoming van wreedheid teenoor diere (NSPCA) het ook aan die einde van Maart aan FiNDiT bevestig die saak is na hulle verwys.
LEES OOK: Hector se vermeende mishandelaars uit met waarskuwing, saak uitgestel
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.






