Bejaarde vrou ernstig beseer nadat haar honde haar aanval

Deel hierdie storie / Share this story

RICHARDSBAAI. – ‘n Bejaarde vrou van hier is ernstig beseer nadat haar eie pit bull-honde haar aangeval en gebyt het.

Netcare 911 is Sondagmiddag na die toneel ontbied. Hulle het gevind dat die vrou ernstige beserings aan haar ledemate, kop en bolyf opgedoen het.

“Sy is op die toneel deur ‘n gevorderde lewensondersteunende paramedikus behandel en is na die hospitaal geneem vir verdere sorg,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911.

LEES OOK: KYK: Hospitaal brand na suurstoftenk ontplof, 82 dood

LEES OOK: Liggaam van pasgebore babaseuntjie in plastieksak gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.