KYK: Hospitaal brand na suurstoftenk ontplof, 82 dood

Deel hierdie storie / Share this story

IRAK. – Minstens 82 mense het die naweek in ‘n brand gesterf toe ‘n suurstoftenk in ‘n hospitaal in die Irakse hoofstad, Bagdad, ontplof het.

CNN-berig ‘n verdere 110 mense is ernstig tydens die brand beseer. 200 mense, insluitend pasiënte en gesondheidswerkers, kon tydens die brand gered word.

Minister vereis dat hospitaal wat brand, ondersoek word

Video’s oor die brand wys chaotiese tonele waar brandbestryders sukkel om die brand te blus en gesondheidswerkers probeer om pasiënte te ontruim. Die hospitaal was bekend as ‘n “Covid-hospitaal” omdat hulle baie Covid-19-pasiënte gehad het.

Die minister vereis dat die voorval ondersoek word en ‘n verslag binne die volgende vyf dae bekendgemaak moet word. Die Irakse premier, Mustafa al-Kadhimi, het Sondag die skorsing van die minister van gesondheid, Hassan al-Tamimi, en die goewerneur van Bagdad, Mohammed al-Atta, aangekondig. Dié twee sal oor die brand ondervra word, lui ‘n verklaring.

LEES OOK: Liggaam van pasgebore babaseuntjie in plastieksak gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.