Vrou glo verkrag nadat sy rygeleentheid kry

Deel hierdie storie / Share this story

PAMPIERSTAD. – ‘n Vrou is glo op 23 April 2021 deur ‘n man verkrag nadat vier mans vir haar ‘n rygeleentheid aangebied het.

“Die vrou het by ‘n plaaslike vulstasie op Pampierstad opgedaag en die petroljoggie gevra om haar te help met ‘n rygeleentheid van Tlapeng af. Vier mans in ‘n voertuig het toe vir haar ‘n geleentheid aangebied,” sê lt.kol Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder.

Die verdagtes het toe na bewering in ‘n veld ingery waar sy deur een van die verdagtes verkrag is, terwyl ander glo haar selfoon en geld geneem het. Die slagoffer is in die veld agtergelaat en moes huis toe stap waarna sy haar ouers van die voorval inlig het.

Mans wat vrou glo verkrag, verskyn binnekort

“Die motor van die verdagtes is opgespoor in die omgewing van Pampierstad, waar die slagoffer se telefoon glo in besit van die verdagtes gevind is.”

Al vier verdagtes van onderskeidelik 27, 29 ,31 en 33 jaar oud is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die landdroshof op Kgomotso op aanklag van verkragting en roof verskyn.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

LEES OOK: Pa steek glo stiefseun dood

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus