Ellie Goldstein (19), ‘n Down-sindroom-model, het in 2020 groot opslae gemaak toe Gucci haar as model in ‘n advertensie-veldtog vir maskara gebruik het.
Goldstein word deur Zebedee Management, ‘n agentskap vir persone wat tot onlangs in die media uitgesluit is, verteenwoordig. Sy hou haar lyf al van die ouderdom van 15 af model.
Lees ook: Tiener spring van brug af, oorleef
Goldstein is deur David PD Hyde vir die maskara-advertensie afgeneem.
Alessandro Michele, kreatiewe direkteur van Gucci, het die konsep agter die maskara verduidelik en gesê: “Ek het L’Obscur-maskara ontwerp vir persone wat grimering gebruik om hulle verhaal van vryheid op hul eie manier te vertel.”
Gucci het ‘n foto van Goldstein, wat intussen meer as 800 000 keer gelike is, op sy Instagram-profiel gedeel. Goldstein het in die kommentaarblok gesê hoeveel sy dit waardeer dat Gucci haar in die veldtog gebruik het.
Lees ook: Koffietert – Resep
Hyde sê die doel van die veldtog was om die “perke van skoonheid te skuif deur verskillende beeldskone gesigte te vat en dit saam te sit”.



