KIMBERLEY. – FiNDiT dra kennis van die boodskap wat gisteraand die rondte gedoen het oor die N8, N12, R31, R64 en Schmidtdriftstraat wat as gevolg van protesaksies gesluit gaan wees.
Daar is vroeër berig paaie na Roodepan en Homestead word tans geblokkeer as gevolg van die beplande protesaksies. Geen ander paaie word tans geblokkeer nie. FiNDiT sal sy lesers en Kimberliete inlig indien enige ander paaie onbegaanbaar is.
Indien jy enige video’s of foto’s het van die stakings, stuur dit gerus op Whatsapp na 064 541 2351.
Laai die FiNDiT-app af om op hoogte te bly van wat op die paaie in en rondom Kimberley aangaan.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



