HERMANUS. – Die man en vrou, van ‘n bekende huis- en troeteldieroppasdiens, wat Hector, die bokser, na bewering in ‘n video mishandel het, se saak is wéér tot 11 Junie uitgestel.
Dit is reeds die tweede keer wat die saak uitgestel word. Die beskuldigdes het die eerste keer op 29 Maart in die hof verskyn en die saak was tot vandag uitgestel.
Hector se saak kan weer in Junie uitgestel word
“Die beskuldigdes se prokureur kan beswaar maak en sê die saak moet van die rol verwyder word omdat dit so lank neem. Hy het vandag in die hof gevra dat dit die finale uitstel is en as die staat se ondersoek nie op 11 Junie gefinaliseer nie, die saak van die rol verwyder word. Die hof het nie die voorstel aanvaar nie,” het Hector se prokureur aan die media gesê.
Die beskuldigdes se prokureur het ook vandag vir die eerste keer in die hof verskyn. Die prokureur sê verder daar is nog beeldmateriaal wat deur die staat hersien moet word.
“Daar was ook aansoek gebring dat Carte Blanche die uitstel opneem, wat goedgekeur is.”
LEES OOK: Hector se ‘mishandelaars’ verskyn vandag weer in die hof
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



