Bloemfonteiners moet pasop na verskeie gevalle van pofadderbyte

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Bloemfonteiners word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir dié gevaarlike slang nadat verskeie gevalle van pofadderbyte aangemeld is.

OFM-nuus berig ‘n dierekliniek in die stad sê hulle het die afgelope week verskeie voorvalle gehad waar troeteldiere deur pofadders gebyt is.

Wenke vir Bloemfonteiners om veilig te bly

Slangvangers waarsku gereeld mense om hulle tuine skoon te hou en op die uitkyk te wees indien die hond aanhoudend blaf. Indien jy vermoed daar is ‘n slang, sluit jou troeteldiere in die huis toe dat hulle nie deur die slang gebyt word nie.

As jy ‘n slang sien, bly op ‘n veilige afstand, maar probeer jou oog op die slang hou tot die slangvanger van jou area opdaag. Dit maak die werk van die slangvanger baie makliker wanneer hy presies weet waar die slang is.

Indien jy hom nie meer kan sien nie, onthou hoe die slang gelyk het. Op dié manier kan jy vir die slangvanger verduidelik hoe die slang lyk. Hierdie is uiters belangrike raad indien iemand deur ‘n slang gebyt is. So kan die veearts of dokter presies weet hoe giftig die slang is.

Die belangrikste is om altyd ‘n slangvanger van jou area se nommer op jou foon te hê vir as jy in die moeilikheid beland.

LEES OOK: Man wat vorige werkgewer op plaas inwag en verskeie kere steek, kry tronkstraf

LEES OOK: Kubaanse ‘geneser’: ‘Halwe bottel rum per week sal Covid-19 keer’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.