Vermiste meisie (11) by ‘kêrel’ (22) opgespoor

Vermiste 11-jarige kind by 22-jarige man gevind.

Vermiste meisie (11) by 'kêrel' (22) opgespoor (Foto: New York Post)

Vermiste meisie (11) by 'kêrel' (22) opgespoor (Foto: New York Post)

FLORIDA. – ‘n 11-jarige meisie wat as vermis aangemeld is, is by ‘n 22-jarige man, wat sy haar “kêrel” noem, se huis opgespoor.

Die kind is opgespoor in Luis Alberto Encarnacion, wat intussen deur die Florida-polisie in hegtenis geneem is, se huis, een dag ná ‘n Amber Alert uitgestuur is in ‘n poging om haar op te spoor.

“Daar is geen logiese rede vir ‘n man van 22 om ‘n kind van 11 by hom te hê, tensy daar gruwelike dinge gebeur het nie,” sê Chris Nocco, ‘n polisiebeampte.

Lees ook: Twee geskors vir dissiplinêre verhoor oor boelie-voorval

Die kind het glo reeds vantevore traumatiese gebeure in haar lewe deurgegaan, aangesien haar pa afwesig is en haar ma in die tronk is.

Die meisie, wie se naam uit die media gehou word, het die man vermoedelik op sosiale media ontmoet, sê Nocco.

Encarnacion is daarvan aangekla dat hy ‘n minderjarige se teenwoordigheid geheim gehou het, die onwettige gebruik van ‘n kommunikasietoestel en twee klagtes van seksuele teistering van ‘n slagoffer onder 12.

Lees ook: Polisie sê Simoné se dood wás selfdood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *