Newton-reservoir – Pompe weer afgeskakel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die pompe by die Newton-reservoir in Kimberley is volgens Ockie Fourie, DA-raadslid, weer om 12:00 Vrydagmiddag afgeskakel.

Dít volg na Kimberley eindelik na byna ‘n week sonder water, weer vir ‘n rukkie water in sommige gebiede gehad het.

Lees ook: Cooling Solutions vul self donga

“Die redes vir die pompe wat afgeskakel is, is net aan Sol Plaatje-munisipaliteit bekend,” sê Fourie. “Beide die 23ML en die 45ML se vlakke is stabiel.”

Verdere kommunikasie sal plaasvind sodra die redes vir die pompe wat afgeskakel is, bekend is.