Mense oor 60 gevra om vir Covid-19-entstof te begin registreer

“As jy 60 jaar of ouer is, kan jy vir die entstof registreer.”

Mense oor die ouderdom van 60 word nou gevra om te begin registreer om die Covid-19-entstof te ontvang.

Mense oor die ouderdom van 60 word nou gevra om te begin registreer om die Covid-19-entstof te ontvang. (Foto: Pixabay)

JOHANNESBURG.- Mense oor die ouderdom van 60 word nou gevra om te begin registreer om die Covid-19-entstof te ontvang.

Volgens eNCA het Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, die elektroniese vaksineringsdatasisteem geopen terwyl die land vir 30 miljoen Pfizer-dosisse wag.

“As jy 60 jaar of ouer is, kan jy vir die entstof registreer,” het Mkhize gesê.

“Gee die regte telefoonnommer en adres waar jy woon en jou mediesefondsnommer, indien jy een het.

“Ons sal die inligting wat verskaf word, gebruik om, indien nodig, oor die inentingsprogram te kommunikeer. Die data op die stelsel help ons om entstowwe toe te ken aan die entstofdienspunte om te verseker dat genoeg entstowwe op daardie punte beskikbaar is.”

Jy sal ‘n SMS kry wat sê as jy die inenting ontvang het. Jy sal ook ‘n kaartjie as bewys kry.

“Om vir die entstof te reregistreer, gaan na https://vaccine.enroll.health.gov.za. Jy het ‘n slimfoon, tablet of rekenaar nodig. Die verwelkomingskerm lei jou deur die stappe,” het die minister gesê. Die jonger geslag word aangemoedig om ouer mense met die registrasie te help.

Jy sal in die sisteem geplaas word en as dit jou beurt is sal jy ‘n SMS ontvang wat die tyd en plek aandui. “As jy die regte adres invoer, sal jy na die inentingsentrum naaste aan jou huis verwys word. Jy kan ook jou werksplek se adres gee.”

Mense wat nie op die internet kan registreer vir die entstof nie, kan na hul naaste inentingsentrum gaan met hule bewys van identiteit en mediesefondskaart as hulle dit het.

Daar word van niemand verwag om vir die entstof te betaal nie. Almal moet dit gratis ontvang.

Lees ook: Swanger – Moet jy die Covid-19-inenting kry of nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: