Huiswerkers moet nou geregistreer word

Deel hierdie storie / Share this story

Die Staatskoerant het nuwe reëls in verband met huiswerkers gepubliseer. Huiswerkers moet nou verpligtend deur hulle werkgewers by die Vergoedingskommissaris geregistreer word. Werkers sal nou vergoeding kan eis vir beserings en siektes wat hulle aan diens opdoen.

Dit sluit alle werkers in en rondom die huis in.

LEES OOK: Prada wys ware kleure toe Valentino-fabriek afbrand

Voordele wat nou aan huiswerkers beskikbaar sal wees:

  • Werkers sal nou betaal kan word vir beroepsbeserings en siektes wat hulle aan diens opdoen. Dit sluit dieselfde voordele in wat aan alle ander werknemers betaalbaar is.
  • ’n Uitbetaling sal ook betaalbaar wees indien ’n werknemer permanent ongeskik vir werk verklaar word. Dit sal wel ’n mediese verslag van ’n dokter vereis.
  • Werknemers se afhanklikes sal ook vergoed moet word indien die werknemer van die besering of siekte sterf.
  • ’n Werknemer sal ook vergoed moet word indien die werknemer vir langer as vier dae afgeboek is weens ’n besering of siekte.  

Hoewel daar nog geen streng sperdatum is nie, word werkgewers sterk aangemoedig om huiswerkers in hulle diens so spoedig moontlik te registreer.

LEES OOK: Hond wat harte steel, kry kos vir ’n jaar