August 6, 2021

Man (69) in rolstoel in gastehuis vermoor

Hy sou nie ‘n vlieg skade aandoen nie.

Twee vas ná Smithfield-moord (Foto's: Facebook)

Twee vas ná Smithfield-moord (Foto's: Facebook)

SMITHFIELD. – Die 69-jarige Greg May wat in ‘n rolstoel was, is Donderdagaand in sy gastehuis op Smithfield in die Vrystaat vermoor.

May was ‘n kunstenaar en het die Lazy Likkewaan Art Cafe op Smithfield besit. Hy het ook die kunsgalery Fresh Paint Art Gallery besit.

Netwerk24 berig Hugo Pretorius, ‘n boer in die omgewing, het gesê May was ‘n weerlose mens wat nie ‘n vlieg skade sou aandoen nie. May se bene is geamputeer en hy was in ‘n rolstoel.

Lees ook: Twee geskors vir dissiplinêre verhoor oor boelie-voorval

Een van May se helpers, wat op sy perseel bly, het glo Donderdagaand nog vir hom kos gemaak en toe sy later na haar huis toe is, het hy haar gebel en om hulp geskree. Sy het toe die polisie in kennis gestel.

Twee mense is glo in hegtenis geneem.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê sy sal later vandag inligting beskikbaar hê.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Lees ook: Polisie sê Simoné se dood wás selfdood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *