LIMPOPO. – Twee leerlinge is geskors na die geboelie van ‘n 15-jarige meisie by ‘n spogskool in Limpopo.
Die meisie het glo die dag na skool selfdood gepleeg.
Lees ook: Polisie sê Simoné se dood wás selfdood
Tidimalo Chuene, woordvoerder vir die departement van onderwys in Limpopo, het aan Netwerk24 gesê ‘n dissiplinêre verhoor sal op 22 April plaasvind. Dit volg ná ‘n 15-jarige leerling in hegtenis geneem is op die aanklag van die aanranding van die meisie.
FiND iT het voorheen berig ‘n video van die voorval is wyd op sosiale media versprei en die meisie se dood maak onder die hutsmerk #JusticeforLufuno opslae op Twitter.
Volgens die Limpopo-polisie het die meisie haarself na skool in haar kamer toegesluit en vermoedelik ‘n oordosis pille ingeneem. Daar is met haar na die hospitaal gejaag, maar is daar dood verklaar.



