Polisie sê Simoné se dood wás selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die 16-jarige Simoné le Roux se dood wás selfdood, sê kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley.

Gerugte doen die rondte dat Simoné se dood dalk nie selfdood was nie, maar die polisie het bevestig geen vuilspel word vermoed nie.

Lees ook: Vrou vermoor glo kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas

Simoné was vir ‘n week vermis voor Jaun op 3 April op haar liggaam in sy pakhuis afgekom het. Sy het haarself gehang. Lees die vorige berig hier.