Colton Underwood: Bachelor-ster sê hy is gay

Deel hierdie storie / Share this story

Die Bachelor-ster Colton Underwood het Woensdag in ‘n eksklusiewe onderhoud met Robin Roberts openlik erken dat hy gay is.

“Ek het vir ‘n lang ruk vir myself weggehardloop,” vertel Underwood. “Ek het myself vir ‘n lang ruk gehaat. Maar ek is gay. Ek het dit vroeër vanjaar ontdek en ek is nog besig om dit te verwerk. En die volgende stap in dié proses is om mense daarvan te vertel.”

Steeds op sy senuwees

Underwood sê hy is steeds op sy senuwees, maar dis vir seker vir hom ‘n reis.

Lees ook: Man deel sy geboortefoto’s om trans-geboortes te normaliseer

Hy sê hy het juis besef wie hy werklik is ná 2020, ‘n jaar wat almal gedwing het om bietjie in die spieël te kyk en te besef waarvoor hulle weghardloop of wat hulle in hul lewens uitstel.

Underwood vertel ook hy is deur ‘n “donker en slegte” tyd voor hy besluit het om te erken dat hy gay is.

Nader aan God gegroei

Verder sê hy hy het nader aan God gegroei op hierdie reis van hom en alhoewel dit vir sommiges moeilik is om te glo dat dit moontlik is vir ‘n gay man, is dit waar. “Ek het in die oggende wakkergeword en gebid dat Hy die gay sal wegneem. Ek het gebid dat Hy my verander.” Hy sê dat sy verhouding met God nou “onkondisioneel” is.

Lees ook: Avokadobroodjie – Resep

“Maar as ek nou enigiemand moet raad gee, ek bedoel, jy sal daardeur kom, is wat ek vir myself gesê het. Hou aan baklei vir jou. Hou aan om jou te kies elke oggend. En as die tyd reg is en jy is gereed, doen dit op jou eie tyd.”

Cassie Randolph

Underwood was in 2019 die ster op The Bachelor en het uiteindelik ‘n roos vir Cassie Randolph gegee. Dié twee het uitgegaan tot hulle vroeg in 2020 aangekondig het hulle is nie meer saam nie.