KIMBERLEY. – Sol Plaatje-munisipaliteit het om 10:00 Woensdagoggend gesê die waterwerke-span kon vanoggend die pompe by die Newton-reservoir aanskakel na daar ‘n effense verbetering in die watervlakke was.
Die munisipaliteit het interim watertoevoer-tye aan die stad bekendgemaak.
Sone een
04:00 tot 11:00
CBD, Hearlear, Beaconsfield, South Ridge, Eltoropark, Hadisonpark, New park, Rhodesdene, Roylglen, Monumentheights, Greenpoint, Cassandra, De Beers, Kimberley North, Utility en Florianville.
Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood
Sone twee
16:00 tot 20:00
Groot dele van Galeshewe, insluitend Phutanang, Phomolong, Ipopeng, Ipeleng, Kagisho, Tlhageng, Tswelelang, Retswelele, Chris Hani, Kutlwanong, Soul City, Redirile, en Greater Number Two.
Sone 3
11:00 tot 14:00
Homestead, Homevale, Homevalley, Homelite en Homevale Extension
Lees ook: Leerling neem glo eie lewe ná geboelie by skool
Sone 4
14:00 tot 17:00
Die hele Roodepan-gebied, Lerato Park, Lethabo Park en Jacksonville
Verder sê die munisipaliteit die bogenoemde tye en areas mag verander.



