KIMBERLEY. – Die polisie is op soek na Mapula Gladys Mojaki (23), ’n Lesotho-burger, wat glo inligting mag hê wat moontlik kan help met die moord-en-gewapende roofsaak van wyle Piet Els.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Mojaki kan moontlik inligting verskaf in verband met die saak.
LEES OOK: Ouer probeer wet verander om met volwasse kind te trou
Aangeval
Els en sy vriendin, Rikkie Alsemgeest (68), is op 23 Januarie 2018 op Els se plaas net buite Kimberley op die Griekwastad-pad aangeval.
Els, wat tydens die aanval ernstig beseer is, het na 111 dae in die intensiewesorgeenheid in die MediClinic Gariep in Kimberley aan sy beserings beswyk. Hy was vanaf 24 Januarie, toe hy opgeneem is, tot die dag van sy dood in die ICU.
Met strykyster gebrand
Nadat die beskuldigdes Els en Alsemgeet vasgebind het, is hulle met ‘n strykyster gebrand voordat die beskuldigdes met ‘n wit Mercedez Benz-motor, 33-30 jaggeweer, ‘n pistool, drie armhorlosies ter waarde van R45 000, Kruger-rande en ‘n ring ter waarde van R1.5 miljoen, gevlug het.
Johannes Ralihlare (52), bekend as “Moses” (52), wat met die moord verbind word, het uit die Kimberley-omgewing gevlug.
Die vyf verdagtes wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, is borgtog geweier.
Enigiemand met inligting kan a.o. Henk van der Merwe by 082 447 1250 skakel. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Wortelkoekrol met roomkaasvulsel – resep



