As jy ’n kok, bakker of net ’n kosliefhebber is, sal jy wil tred hou met die tendens van wat op die oomblik gebeur. Wat mense maak, bak en eet.
Die nuutste gier wat almal nou op hul lippe en borde het, is wortelkoekrol. Alhoewel die resep vir wortelkoek al ’n geruime tyd bestaan, lyk dit asof mense dit nou éérs geniet.
Wortelkoek op sigself is gewoonlik ’n gunsteling by almal. Wortelkoek is oor die algemeen een van die gewildste koekresepte, want dit is baie lekker. Hierdie wortelkoekrol is waarlik die beste wortelkoekresep! Perfek klam, lekker en gemaak met vars wortels, dan gevul met hemelse roomkaas-vulsel.
Hierdie is ’n moet-probeer-resep. Almal sal vir hierdie resep vra sodra hulle ’n happie gevat het.
LEES OOK: Sjokolade-appelskywe – resep
Bestanddele:
Vir die koek:
- ¾ koppie meel
- 2 teelepels fyngemaalde kaneel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel gemaalde gemmer
- ¼ teelepel gemaalde neutmuskaat
- ⅛ teelepel gemaalde naeltjies
- 3 groot eiers
- ½ koppie suiker
- 2 eetlepels olie
- 1 teelepel vanielje
- 3 medium wortels, gerasper
Vir die vulsel:
- 1 koppie versiersuiker
- 1 (28 g) bakkie roomkaas, saggemaak
- 6 eetlepels botter, saggemaak
- 1 teelepel vanielje
Vir die glansversiering:
- 3 koppies versiersuiker
- ½ teelepel vanielje
- 10-11 eetlepels Melk
Metode:
- Voorverhit die oond tot 190 grade C en voer ’n 38 cm x 25 cm-deegpan met bakpapier en laat ’n bietjie oorhang aan elke kant.
- Meng meel, kaneel, bakpoeier, sout, gemmer, neutmuskaat en naeltjies in ’n medium bak.
- Klits eiers en suiker in ’n groot bak tot goed gemeng.
- Voeg olie, vanielje en wortels by en meng goed.
- Sif die droë bestanddele by en vou in.
- Roer beslag tot net deurgemeng. Giet beslag in die pan en smeer dit in ’n egalige laag.
- Bak vir 12 minute en haal die koek uit die pan met die stukke bakpapier wat oor die kante hang.
- Laat lê die koek op ’n groot houtbord en rol die koek liggies in die lengte.
- Dra die koek versigtig oor op ’n afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
Vulsel:
- Meng die suiker, roomkaas, botter en vanielje in ’n medium bak en klits tot glad en romerig.
- Rol die koek versigtig uit en versprei die vulsel op die koek, sodat ’n klein gaping aan alle kante gelos is.
- Rol die koek op en draai dit styf toe met kleefplastiek.
- Laat afkoel vir een uur in die yskas voordat dit bedien word.
- Kombineer die glansversiering-bestanddele in ’n mengbak as dit gereed is om voor te sit en klits tot glad. Drup oor die koek en sny.
- Geniet!
LEES OOK: Oreo-fudge-resep



