Alweer sonder water? Hier is ‘n paar idees vir persoonlike higiëne

Met ‘n bietjie vernuf en ‘n paar basiese produkte kan mens steeds skoon bly sonder water.

Ons het nou al vaardighede om met 'n klein bietjie water oor die weg te kom aangeleer, maar hoe gemaak as ons nou heeltemal sonder water is?

Ons het nou al vaardighede om met 'n klein bietjie water oor die weg te kom aangeleer, maar hoe gemaak as ons nou heeltemal sonder water is? (Foto: BayCare)

Kimberley-inwoners, asook mense in ander dele in Suid-Afrika, bevind hulself kort-kort in ‘n waterlose penarie. Water word afgeskakel weens een of ander probleem by ‘n reservoir of ‘n pyplyn. Die probleme word dikwels nie vinnig opgelos nie en gesinne is vir dae aaneen sonder water. Alhoewel talle mense hulself in hierdie situasie bevind, moet hulle steeds seker maak hulle kom by die werk en skole uit, ten spyte van die persoonlike higiëniese uitdagings wat hul ervaar.

Ons het nou al vaardighede om met ‘n klein bietjie water oor die weg te kom aangeleer, maar hoe gemaak as ons heeltemal sonder water is?

Hier is ‘n paar maniere vanaf WikiHow vir persoonlike higiënie sonder water

Gebruik ‘n klam snesie, beter bekend as ‘n wet wipe, om jou liggaam mee af te vee, veral die gedeeltes waar sweet afgeskei word. Gebruik ‘n snesie wat spesifiek vir die gesig gemaak is om jou gesig mee skoon te maak. Dit sal help om aknee te beveg.

Gebruik droë sjampoe om seker te maak jou hare lyk en ruik skoon. Droë sjampoe is verondersteld om olie te absorbeer, jou hare lekker te laat ruik en ook jou hare volume te gee.


Dra skoon klere. Hang klere wat nog skoon lyk vir ‘n paar uur in die son om dit te verfris. Probeer om katoen te dra. Dit sal jou liggaam en vel laat asem haal en sweet absorbeer.

Besprinkel jou lyf met babapoeierf wanneer jy dit klaar met ‘n klam snesie afgevee het. Die babapoeier sal enige olies absorbeer en jou lekker laat ruik.

Spuit ‘n bietjie parfuum aan. Hou dit ook byderhand sodat jy deur die loop van die dag weer kan aanspuit.


Lees ook: Hoe om die perfekte oorsigafdeling op jou nuwe webtuiste te skryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: