April 18, 2021

Polisie vra hulp van gemeenskap na beweerde moord in Pampierstad

Die polisie se ondersoek duur voort.

Polisie vra hulp van gemeenskap na beweerde moord in Pampierstad

Polisie vra hulp van gemeenskap na beweerde moord in Pampierstad Foto: telecoms.com

PAMPIERSTAD. – Die polisie vra hulp van die gemeenskap na die beweerde moord van Lelimo Lekgera (19) wat op 5 April 2021 omstreeks 02:00 by die voordeur van ‘n huis in Sakhile, Pampierstad, ineengestort het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het ‘n meswond aan sy nek gehad en is op die toneel dood.

Die oorledene woon in die Majakgoro Village in Pampierstad. Enigiemand met inligting kan sers. Thato Sibane by 060 436 2433 kontak. Die polisie se ondersoek duur voort.

LEES OOK: Vermeende reeksverkragter teiken glo vrouens tussen 18 en 23 jaar oud

LEES OOK: 15-jarige wat 48-jarige verkrag kry agt jaar tronkstraf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: