April 21, 2021

Mediese nooddienste laat glo ouma in steek toe sy asma-aanval kry

‘n Ouma is deur die Noord-Kaapse nooddienste in die steek gelaat toe sy ‘n asma-aanval gekry het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) is beklemtoon hul bekommernis oor die voorturende krisis met die Noord-Kaap se mediese nooddienste.

Die Demokratiese Alliansie (DA) is beklemtoon hul bekommernis oor die voorturende krisis met die Noord-Kaap se mediese nooddienste. (Foto: www. Northern-Cape.gov.za)

WILLISTON. – Sophia Jonkers is deur die Noord-Kaapse mediese nooddienste in die steek gelaat toe sy ‘n asma-aanval op 1 April gekry het, sê die Demokratiese Alliansie (DA). Die (DA) is beklemtoon hul bekommernis oor die voortdurende krisis met die Noord-Kaap se mediese nooddienste.

Volgens ‘n plasing op die Kalahari memorandum se Facebook-blad is Jonkers oorlede toe daar geen mediese nooddienste of vervoer vir haar beskikbaar was toe sy ‘n asma-aanval gekry het nie. Die familie het dit reggekry om vir Jonkers na ‘n hospitaal te neem. Jonkers is oorlede en dit kan wees omdat sy nie betyds mediese sorg gekry het nie.

Volgens ‘n berig wat in Maart deur IOL geplaas is word die gesondheidsdepartement ook die skuld gegee vir Xander Raat (6) en sy maatjie se sterftes. Die twee seuns het die 12de Maart ernstige beserings in ‘n brand opgedoen. Die seuns is na ure se wag na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal geneem. Beide seuns is daar oorlede. Xander het 70% brandewonde opgedoen. Dokters het aan Xander se ma gesê dat die seun infeksie in sy brandwonde gekry het. Volgens die dokters kon Xander en sy maatjie se lewens gered gewees het as hul betyds meediese sorg ontvang het.

Lees die volle berig hier: NK-gesondheidsdepartement skuld gegee vir Xander se dood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: