April 21, 2021

Vermeende reeksverkragter teiken glo vrouens tussen 18 en 23 jaar oud

Daar word beweer die verdagte het vroue tussen 18 en 23 jaar oud geteiken.

Vermeende reeksverkragter teiken glo vrouens tussen 18 en 23 jaar oud

Vermeende reeksverkragter teiken glo vrouens tussen 18 en 23 jaar oud Foto: timeslive.co.za

BLOEMFONTEIN. – Die vermeende reeksverkragter (34) van Bohlokong naby Bethlehem is op 7 April 2021 in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Bethlehem verskyn oor ‘n aantal verkragtings- en roofsake.

Die verdagte is deur middel van DNS-toetse met die misdade verbind nadat hy in hegtenis geneem is weens ‘n verkragtingsaak en roof wat hy na bewering op 26 April 2015 gepleeg het. Hy is borgtog toegestaan in afwagting van DNA-uitslae wat hom kan verbind met nog vier verkragtings- en roofsake uit Bohlokong naby Bethlehem.

Vermeende reeksverkragter vas

Daar word beweer die verdagte het vroue tussen 18 en 23 jaar oud geteiken. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is in 2016 uitgereik en hy is ook een van die Vrystaatse top-30 en nasionale top-50-verdagtes.

Met behulp van die gemeenskap kon die polisie en al die betrokke afdelings die verdagte in hegtenis neem.

LEES OOK: 15-jarige wat 48-jarige verkrag kry agt jaar tronkstraf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: