April 21, 2021

#beajourno-wenner vertrek vandag vir die naweek

Grobbelaar sê daar sal weer sulke kompetisies wees.

#beajourno-wenner vertrek vandag vir die naweek

#beajourno-wenner vertrek vandag vir die naweek

Marnette Brewis, die #beajourno-kompetisiewenner en ’n vriendin vertrek vandag George toe vir die naweek.

Marenette sê: “Ons sien vreeslik uit na die naweek! Ons tasse is gepak. Ons het om 06:00 na Bloemfontein vertrek en vlieg dan om 10:00 George toe. Ons gaan tuis in Wildernis met ‘n mooi uitsig oor die see. Ons beplan om die Redberry Farm te besoek, ‘n Featherbed-staproete te doen en die Herold Wine Estate te gaan verken. Sal nog sien as ons daar land. Dankie vir die groot bederf!”

Hulle vlieg met CemAir en ry met ’n kar van Thrifty.

Hulle gaan vir vir drie dae en twee nagte by Bly-Uitzicht in Wildernis bly. Die verblyf is deur FiND iT geborg.

Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT, sê dit is opwindend om die wenner en ‘n metgesel die naweek weg te laat geniet. “Die kompetisie was vir lesers wat graag wil skryf en hulle naam gepubliseer sien. Ons het dit juis in Desember gehou sodat ons nuus van oraloor kon plaas. Dis vir ons belangrik om joernalistiek te bevorder, maar ook om almal die geleentheid te gee – sou hulle wou – om te skryf.”

Grobbelaar sê daar sal weer sulke kompetisies wees. “Lesers moet net ons webtuiste dophou. Ons is bevoorreg om met groot nasionale handelsmerke soos CemAir en Thrifty te kan werk en sal hopelik vorentoe weer iets saam met hulle doen.”

Gaan “like” CemAir se Facebook-blad hier en Thrifty hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: