KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man wat glo deur ‘n onwettige elektrisiteitsverbinding doodgeskok is, is in ‘n bos op die Ramnathweg in Barrs Flats ontdek.
Arrive Alive berig ‘n verbyganger het op die liggaam afgekom en die reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) ontbied. Paramedici het kort na middernag op die toneel opgedaag en die liggaam in ‘n bos gesien lê. Hy is vermoedelik deur onwettige elektrisiteitsverbindings wat na ‘n informele nedersetting lei, geskok.
Doodgeskokte man se identiteit nie bekend nie
Die man se identiteit is nog nie vasgestel nie.
RUSA het verskeie voorvalle in dieselfde gebied waar individue, insluitende kinders, deur onwettige elektrisiteitsverbindings dood is, aangemeld, berig Arrive Alive.
LEES OOK: Polisie vra hulp van gemeenskap na beweerde moord in Pampierstad
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



