HEIDELBERG. – Daar word Vrydagoggend om 11:00 ‘n gedenkdiens gehou vir die ontslape Suid-Afrikaanse bokslegende en pastoor Jimmy Abbott.
Die diens, wat in die AGS-kerk Kairos in Heidelberg gehou word, word ook regstreeks op AGS Kaïros se Facebook-blad en YouTube-kanaal uitgesaai.
Abbott is Sondag op die ouderdom van 61 aan hartversaking oorlede.
Lees ook: Vlak 2-regulasies moontlik op pad
Netwerk24 het berig Annette, Abbott se vrou, was in sy laaste oomblikke by hom.
Abbott het lank met sy gewig gesukkel en het in 2013 ‘n beroerte en daarna drie hartaanvalle oorleef.
“Jimmy het baie gesukkel met sy gesondheid. Hy het onlangs geval en sy knieë ook baie seergemaak. Hy het regtig die afgelope tyd baie gesukkel en is nou verlos van die pyn,” vertel Annette aan Netwerk24.
Lees ook: Metro maak beswaar teen ‘Gqeberha’
“Hy het rustig in sy eie bed gesterf. Ek het sy hand vasgehou tot hy sy laaste asem uitgeblaas het.”



