Vlak 2-regulasies moontlik op pad
Luidens gerugte vergader die bevelsraad weer môre voor hulle ’n besluit gaan neem.

Dit volg na die mediese navorsingsraad se voorspelling dat ’n derde vlaag van Covid-19-infeksies op pad is. (Foto: Business Tech)
Talle gerugte doen die rondte dat vlak 2-regulasies moontlik weer as voorkomingsmaatreël vir die Paasnaweek in plek gestel gaan word.
Dit volg na die mediese navorsingsraad se voorspelling dat ’n derde vlaag van Covid-19-infeksies op pad is.
Lees ook: Surrogaatouers kyk ná byna een jaar steeds na baba
Sommige ministers is na bewering ten gunste daarvoor dat groot kerkvergaderings tydens die Paasnaweek toegelaat behoort te word.
Luidens gerugte vergader die bevelsraad weer môre voor hulle ’n besluit gaan neem.