Sukkel jy snags of bedags met sooibrand? Hier is maklike en eenvoudig raad om daarvan ontslae te raak.
Lê snags op jou linkersy. Dit maak dit moeiliker vir die maagsuur om na die slukderm te gly.
Drink twee eetlepels skoon suurlemoensap of versapte aartappel.
Drink kamilletee na jy geëet het.
Lees ook: Ouma Caty se tuisgemaakte meubelpolitoer
Drink gemmerpoeier in louwarm water.
Eet ‘n piesang of ‘n appel.
Drink ‘n halwe koppie water met die sap van een suurlemoen en eet ‘n eetlepel koeksoda, opgelos in louwarm water, ná ete.
Drink 2 ml Engelse sout opgelos in ‘n glas water.
Drink elke dag appelasyn in louwarm water 30 minute voor ete.
Lees ook: Plasenta-pille: Ja of nee?



