Ouma Caty se tuisgemaakte meubelpolitoer

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy houtmeubels wat jy weer nuwe lewe wil gee? Hier is ‘n maklike resep vir jou eie, tuisgemaakte meubelpolitoer.

Bestanddele

1/2 bottel roulynolie
1/2 bottel terpentyn
1/2 bottel asyn
1/2 bottel spiritus

Metode

Gooi die bestanddele alles in ‘n 2l-bottel. Skud dit goed voor jy dit gebruik. Smeer dit rofweg aan jou meubelstuk en laat dit vir ‘n rukkie staan. Gebruik ‘n flennie- of linnelap om dit blink te vryf en siedaar! Jou meubels blink weer mooi!