Plasenta-pille: Ja of nee?

Een plasenta kan ongeveer 100 tot 200 kapsules vul.

Foto: BellyBelly

Die mees algemene manier om die menslike plasenta in te neem, is in die vorm van kapsules. Kim Kardashian is een van die bekendes wat haar plasenta in pilvorm inneem.

Die meeste soogdiere eet die plasenta op direk na die geboorte van ‘n babatjie. In die laaste dekade het baie vroue deel geword van die groep soogdiere wat kies om die plasenta na geboorte in te neem.

Die plasenta word gestoom, uitgedroog en dan fyngemaak. Die fyn poeier word dan in kapsules geplaas. Een plasenta kan ongeveer 100 tot 200 kapsules vul.

Voordele

Plasenta-pille kan jou kans op nageboortelike depressie verminder.

Dit kan bloeding na die geboorte verminder.

Dit kan jou bui verbeter.

Dit kan jou energie- en borsmelkvlakke verbeter.

Dit kan jou van belangrike mikronutriënte voorsien, soos yster.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: