April 18, 2021

Melkkoeie sterf van die honger in R43m projek in Oos-Kaap

OOS-KAAP.- Omtrent 350 koeie is gelos om te sterf van die honger in ’n projek wat deur die staat befonds is. Die projek het in 2014 met 500 koeie en R43 miljoen begin.

OOS-KAAP.- Omtrent 350 koeie is gelos om te sterf van die honger in ’n projek wat deur die staat befonds is. Die projek het in 2014 met 500 koeie en R43 miljoen begin. (Foto:Pixabay)

OOS-KAAP.- Omtrent 350 koeie is gelos om te sterf van die honger in ’n projek wat deur die staat befonds is. Die projek het in 2014 met 500 koeie en meer as R43 miljoen begin.

Volgens All4Women is die projek op 337 hektaar gemeenskaplike grond geloods en was die plan dat 500 huishoudings bevoordeel word.

‘n Toesigkomitee, onder leiding van DA-LP Retief Odendaal, het ontdek dat die plaas nie meer in werking is nie.

Eskom het krag ontkoppel

Odendaal sê hy was geskok om ‘n klomp koeie tussen ’n klomp karkasse te sien staan. Die koeie was vir ten minste twee weke nie gemelk nie omdat ’n kragkabel na die waterpomp gebreek het.

Die laaste ruk moes die koeie ook met die hand gemelk word ten spyte van die topgehalte toerusting tot hul beskikking. Eksom het die elektrisiteit na die plaas weens wanbetaling afgesny.

Sewe spilpunte sonder krag en geen weiding vir koeie

Verteenwoordigers van die Mantusini Dairy-trust sê baie van hul koeie het gesterf in die winter omdat daar nie geld vir die aankoop van voer of spuitmiddels (dip) was nie.

Die DA dring daarop aan dat die departement van landelike ontwikkeling en landbouhervorming moet ingryp en ’n volledige oudit moet gedoen word om te wys waar die geld heen is.

Van die 500 koeie is net 150 oor.

Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek dat hulle hul grond, wat voorheen vir bestaansboerdery gebruik is, vir die suiwelprojek beskikbaar moes stel. Aangesien daar geen wins uit die suiwelprojek gemaak is nie, sukkel hulle nou om kos op die tafel te sit,” het Odendaal gesê.

Gemeenskapslede is ook kwaad omdat hulle voel dat daar op groot skaal geplunder word deur regeringsamptenare by die fasiliteit

Lees ook: Man tronk toe vir statutêre verkragting

Gemeenskapslede en die hoofman sê hulle is desperaat en smeek om hulp om die projek weer aan die gang te kry.

Stappe om die oorblywende diere te help, word nou geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: