Is jy lus vir iets soet? Probeer gerus hierdie drie-bestanddeel KitKat fudge-resep. Dit is vinnig, maklik en sal definitief jou soettand gelukkig maak.
LEES OOK: Twee negejarige seuns in Galeshewe verkrag
Bestanddele:
- 10 KitKat sjokolades
- 1 blikkie kondensmelk
- 500g witsjokoladeblokkies
Metode:
- Voer ’n bakplaat met bakpapier en plaas ongeveer 8 KitKat-sjokolades daarin.
- Voeg die blikkie kondensmelk en 500g sjokolade saam in ’n pan en smelt oor medium hitte totdat dit ’n dik mengsel vorm.
- Roer kort-kort sodat die mengsel nie brand nie.
- Voeg twee gebreekte KitKat-sjokolades by die mengsel en roer net een of twee keer deur.
- Verwyder die mengsel van die hitte en skep uit bo-oor die KitKat-sjokolade in die bakplaat.
- Maak seker jy versprei die mengsel oor al die sjokolades.
- Laat dit vir ongeveer drie ure staan om af te koel en te stol.
- Sny in blokkies en geniet.
LEES OOK: Pastoor op Postmasburg gesoek
Kyk die video van hoe jy dit maak hier:



