Prins Harry kry werk by nuwe maatskappy

Deel hierdie storie / Share this story

SAN FRANCISCO – Prins Harry het Dinsdag die eerste hoof-impakbeampte geword van ‘n onderneming in San Francisco wat afrigting en rekenaarwerk kombineer om die geestelike fiksheid van werknemers te verskerp.

“Ek glo vas dat die fokus en prioriteit van ons geestelike fiksheid potensiaal en geleenthede ontsluit wat ons nooit geweet het ons in ons binneste het nie,” het prins Harry in ‘n BetterUp-bloginskrywing gesê.

Prins Harry sien uit na nuwe uitdaging

LEES OOK: Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is

Prins Harry het in ‘n verklaring gesê hy is baie opgewonde om die nuwe geleentheid aan te pak.

“Ek gaan myself toespits op die bevordering en bewusmaking van geestesfiksheid, die leiding van die sosiale missie van die firma en die uitbreiding van die wêreldgemeenskap,” sê Harry.

Die maatskappy is in 2013 gestig

BetterUp kombineer gedragswetenskap, kunsmatige intelligensie en menslike afrigting om persoonlike groei en professionele ontwikkeling te optimaliseer. Die maarskappy is in 2013 gestig en het sedertdien met 270 werknemers gegroei.

LEES OOK: TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak’ sê veearts

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.p