April 19, 2021

Facebook verwyder 1.3 miljard vals profiele binne drie maande

Verder sê hy die profiele word geskep met die idee om vals inligitng te versprei.

Facebook verwyder 1.3 miljard vals profiele binne drie maande

Facebook verwyder 1.3 miljard vals profiele binne drie maande Foto: indianexpress.com

Facebook Inc het tussen Oktober en Desember verlede jaar 1.3 miljard vals profiele van die platform af verwyder. Reuters berig Facebook het ook meer as 12 miljoen stukke inhoud oor Covid-19 en entstowwe verwyder wat gesondheidskenners wêreldwyd as “verkeerde inligting” uitgewys het.

Facebook verwyder ook vals inligting

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Facebook sê selfs mense wat goed bedoel en nie opsetlik verkeerde inligting wil deel nie, deel soms verkeerde inligting. Die maatskappy sê hy het onafhanklike feitekontroleurs aangestel wat boodskappe in meer as 60 tale kan hersien.

Guy Gosen, Facebook se visie-president vir integriteit, sê hulle probeer sover moontlik vals inligting van hulle app af hou. Verder sê hy die profiele word geskep met die idee om vals inligitng te versprei.

Die app het 35 000 mense aangestel om vals inligting op te spoor en dadelik stop te sit voor dit versprei word.

Was jy al ‘n slagoffer van catfish, of ingedoen deur ‘n vals proefiel. Stuur jou storie aan [email protected]

LEES OOK: Video op sosiale media wys hoe onderwyseres na bewering rondgeruk word

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: