Addie-seun sterf in tref-en-trap

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Baie Kimberliete moes met hartseer afskeid neem van die 14-jarige Phazel Brown, ‘n graad 8-leerling aan Hoërskool Adamantia, wat op 16 Maart in ‘n ongeluk oorlede is.

Volgens kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het die noodlottige ongeluk omstreeks 14:10 verlede Dinsdagmiddag gebeur.

Lees ook: ‘Ons kind het klaar verander’

Brown is in Phakamile Mabijastraat, net voor die draai na Mogul Park, van sy fiets af gery.

Die polisie was vroeër vandeesmaand na ‘n wit VW Caddy op soek in verband met die ongeluk. Die bestuurder het glo ná die ongeluk net weggery.

Lees ook: Leerling wat ander glo aanrand kry drie maande tronkstraf