April 19, 2021

Nadine kry selfportret

“Dankie @etmaal vir so ongelooflike stuk werk! Dankie dat jy my gesig geskilder het en daarmee saam my hart vasgevang het met jou verf en palet.”

Nadine kry selfportret

Nadine kry selfportret Foto: Facebook

Nadine, bekende Suid-Afrikaanse sangeres, het die pragtigste selfportret, geskilder deur #etmaal, ontvang.

“Daar is niks so spesiaal soos om jouself te sien deur die mooi van iemand anders se oog nie,” het die sangeres vanoggend op Facebook gesê.

LEES OOK: Oud-polisieman se oorskot uit lykshuis gesteel

“Dankie @etmaal vir so ‘n ongelooflike stuk werk! Dankie dat jy my gesig geskilder het en daarmee saam my hart vasgevang het met jou verf en palet.”

“In my liedjie Skildery sing ek oor hoe dit voel om ‘n idee van ‘n prent te hê in jou kop, maar wanneer die kleure jou ontwyk, kan jy net staan en staar na ‘n blank canvas.”

“Dis die mooiste geskenk en ek voel nederig dankbaar om haar in my huis te kan hang. Ek het byna in trane uitgebars toe ek haar kry! Dankie vir jou mooi woorde toe jy haar vir my gee.”

LEES OOK: Roodepan-inwoners staak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: