April 19, 2021

Man doodgeskiet na hy glo verkeerdelik deur polisie geïdentifiseer is

Daar word geglo hy is toe agter in ‘n polisievoertuig gelaai.

Man doodgeskiet na hy glo verkeerdelik deur polisie geïdentifiseer is

Man doodgeskiet na hy glo verkeerdelik deur polisie geïdentifiseer is Foto: dispatchlive.co.za

OLIFANTSFONTEIN. – Die ontstellende detail van ‘n man, Musa Magasela (22), wat na bewering noodlottig deur die polisie in die rug geskiet is in ‘n oënskynlike geval van verkeerde identifisering, is deur die slagoffer se pa gedeel.

LEES OOK: Student gewond, glo deur polisiebeampte geskiet

SABC-nuus sê verder daar word geglo dat die polisie Magasela met ‘n kaper misgis het. Peter Makwela, Musa se vader, vertel verder aan SABC-nuus hoe sy seun om hulp gesmeek het. Magasela is daarna glo deur die polisie geskiet.

Man doodgeskiet en glo in polisievoertuig gelaai

Magasela was op pad na ‘n oefening by sy kerk. “Daar is vir my gesê dat my seun geloop het en dat hy toe glo deur twee polisielede geboei is. Daarna is hy glo geskiet,” verduidelik Makwela.

Daar word geglo hy is toe agter in ‘n polisievoertuig gelaai. ‘n Speurder het later die nuus van sy dood aan die familie oorgedra. Die polisie kon glo nie presies aan die slagoffer se pa sê wat tydens die voorval gebeur het nie.

Gemeenskap teken petisie vir geregtigheid

“Ek kan bevestig dat die saak by die OPOD aangemeld is en hulle eers vanoggend die dossier bymekaargemaak het. Die direksie het daarin geslaag om die nadoodse ondersoek by te woon,” sê Ndileka Colais, woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD).

‘n Petisie waarin geregtigheid gevra word, is onlangs deur die gemeenskap geloods.

LEES OOK: Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: