April 19, 2021

Student gewond, glo deur polisiebeampte geskiet

Student gewond, sy is glo deur polisiebeampte geskiet

Student gewond, sy is glo deur polisiebeampte geskiet Foto: abc.net.au

BRAAMFONTEIN. – Sosiale media was nog aan die gons oor Mthokozisi Ntumba wat doodgeskiet is tydens ‘n betoging toe die nuus van ‘n student wat glo deur die polisie gewond is, die rondte doen.

Die polisie het vandag bevestig die 20-jarige student wat na bewering deur die polisie raakgeskiet is, is opgespoor. ‘n Saak van poging tot moord is by die Hillbrow-polisiekantoor geregistreer nadat die student ondervra is.

LEES OOK: Beweerde seksvideo tussen gevangeniswag en gevangene lek glo uit

Student glo gewond na onderonsie met polisie

“Die student beweer sy en haar manlike vriend is op 15 Maart 2021 deur die polisie in ‘n gemerkte polisievoertuig opgelaai. Hulle is toe naby die Braamfontein-begraafplaas afgelaai en ‘n onderonsie het na bewering tussen haar en ‘n polisiebeampte ontstaan,” volgens brig. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder.

Volgens Naidoo beweer die slagoffer verder sy is toe uit die polisievoertuig gedwing en daarna in haar been geskiet. Die voorval het glo in ‘n area gebeur waar daar nie studente betoog het nie.

Saak word vir verdere ondersoeke gestuur

Die polisiebeamptes wat met hierdie voorval verbind word, is nog nie geïdentifiseer nie. Hierdie insident word na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) vir verdere ondersoek verwys.

LEES OOK: Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: