Akute sinusitis – simptome, oorsake, behandeling
Hier kyk ons na die simptome, wat dit veroorsaak en hoe jy dit kan behandel.

Akute sinusitis – simptome, oorsake, behandeling
Baie mense sukkel hierdie tyd van die jaar met sinus. Sinus kan jou bitter siek maak en al hoe erger word as dit nie behandel word nie.
Hier kyk ons na die simptome, wat dit veroorsaak en hoe jy dit kan behandel.
Simptome:
- Dik, geel of groenerige afvoer van die neus of agter in die keel (postnasale dreinering);
- Neusblokkasie of opeenhoping, wat asemhalingsprobleme deur jou neus veroorsaak;
- Pyn, teerheid, swelling en druk rondom jou oë, wange, neus of voorkop wat vererger wanneer jy vooroor buig;
- Oordruk;
- Hoofpyn;
- Veranderde reuksintuig;
- Hoes;
- Slegte asem;
- Moegheid;
- Koors.
LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem
Wanneer om ’n dokter te sien:
- Simptome wat langer as ’n week of so duur;
- Simptome wat vererger nadat dit lyk asof dit verbeter;
- Aanhoudende koors;
- ’n Geskiedenis van herhalende of chroniese sinusitis;
- Pyn, swelling of rooiheid rondom jou oë;
- Verwarring;
- Dubbelsig of ander sigveranderings;
- Stywe nek.
Behandeling:
- Vermy rook of tweedehandse rook;
- Gebruik ’n sout neussproei;
- Stoom jou sinusse oop;
- Koop oor die toonbank medikasie;
- Indien die bogenoemde nie werk nie, kan jou dokter vir jou medikasie voorskryf.
LEES OOK: Vrou en kêrel versin glo ontvoering