April 18, 2021

Vrou en kêrel versin glo ontvoering

Die kêrel het glo sy motorsleutels oorhandig terwyl hy nog gereël het om die geld te kry.

Vrou en kêrel vervals ontvoering

Vrou en kêrel vervals ontvoering Foto: SBS Training

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou (22) en haar kêrel (34) is in hegtenis geneem nadat die twee glo haar ontvoering versin het. Hulle inhegtenisneming volg nadat die verdagtes ’n saak van ontvoering en gewapende roof geopen het.

Vrou en kêrel beweer sy is ontvoer

Die vrou het beweer sy is op 12 Maart 2021 deur twee verdagtes ontvoer. Sy is glo met ’n geweer gedreig, vasgebind, geblinddoek en in die voertuig van die verdagtes gedwing.

LEES OOK: Hond met panga aangeval

Kêrel vind haar

Hulle het haar glo na die KwaDabeka-tehuis geneem waar sy deur haar kêrel gevind is. ’n Losprys vir haar vrylating is geëis.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die kêrel het glo sy motorsleutels oorhandig terwyl hy nog gereël het om die geld te kry. “Klagtes van ontvoering en roof is vir ondersoek geopen. Na ‘n deeglike ondersoek het dit aan die lig gekom die klagtes is vals. Die paar is in hegtenis geneem.”

Die verdagtes sal later die maand weer in die hof verskyn.

LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: