April 18, 2021

Meer vrae as antwoorde oor NK-munisipaliteite se besteding tydens pandemie

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap sal die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge van die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer aanwend om oorsig oor munisipale besteding te verbeter.

Meer vrae as antwoorde oor NK-munisipaliteite se besteding tydens pandemie

Meer vrae as antwoorde oor NK-munisipaliteite se besteding tydens pandemie photo credit: canva

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap sal die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge van die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer aanwend om oorsig oor munisipale besteding te verbeter.

Dit is volgens Fawzia Rhoda, LPW, DA Noord-Kaapse provinsiale woordvoerder oor finansies.

“Dit volg op ‘n onlangse voorlegging van die Noord-Kaapse provinsiale tesourie oor munisipale besteding aan die begin van die pandemie wat meer kommer as gerusstelling skep. Bestedingsverslae vir April tot Junie laasjaar ontbloot ‘n kommerwekkende vlak van nie-nakoming, selfs traak-my-nieagtigheid, van munisipaliteite.”

“Die voorlegging onthul dat 52 van die 148 diensverskaffers wat deur Noord-Kaapse munisipaliteite gebruik was, nie deur die regering se sentrale diensverskaffersdatabasis gestaaf kon word nie. Dit skep kwelvrae oor die belastingregistrasie en direkteursbesonderhede van 35% van die diensverskaffers wat munisipaliteite vir aankope van persoonlike beskermende voorraad gebruik het.”

“Maatskappybesonderhede wat nagegaan kan word, skep min vertroue dat munisipaliteite die nasionale riglyne nagekom het. Die maatskappy wat die tweede meeste uit munisipale besteding gebaat het, is ‘n maatskappy wat in ingenieursdienste en stadsbeplanning spesialiseer. Watter munisipale amptenaar met gesonde verstand sal ooit dink dat die aankope van gesigmaskers of handreinigers van ingenieurs of stadsbeplanners gedoen moet word in plaas van skoonmaakmaatskappye?”

“Die voorlegging kon nog nie die volledige prentjie skets nie, aangesien munisipaliteite traag was om inligting te verskaf en die details is nog nie deur ‘n onafhanklike oudit nie. Dit is doodeenvoudig onaanvaarbaar dat munisipale besteding tydens ‘n openbare gesondheidskrisis nie deurgaans nagegaan kan word nie en dat oorsigliggame nie toegang het tot geloofwaardige inligting nie.”

“As daar deurgaans oor nasionale en provinsiale besteding gewaak kan word, waarom is daar steeds meer vrae as antwoorde oor munisipale besteding?”

*Persverklaring

Lees ook Mobifix- breek jou laaikabels gereeld?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: