April 18, 2021

Hoe jonk is te jonk?

Baie mense voel dit is veiliger om vir hulle kinders op ’n jong ouderdom ’n selfoon te gee.

Hoe jonk is te jonk?

Hoe jonk is te jonk?

Met vandag se tegnologie is dit bitter moeilik om nie jou kind aan ’n selfoon of ’n skerm van een of ander soort bloot te stel nie. Die vraag is egter hoe jonk is te jonk? Wanneer is die regte tyd om vir jou kind sy of haar eie selfoon te koop?

Baie mense voel dit is veiliger om vir hulle kinders op ’n jong ouderdom ’n selfoon te gee. Dit stel hulle in staat om altyd te weet waar hulle kinders is en om hul maklik in die hande te kry.

Ander ouers voel egter boelies, pornografie, verkeerde vriende en pedofiele is redes hoekom ’n kind eers volwasse moet wees voordat sy of hy ’n foon kry.

LEES OOK: Hond met panga aangeval

FiND iT-lesers gesels

Marietjie Franken sê: “Alles gaan oor hoe daardie selfoon of tablet beheer word. My kleinseun het ’n selfoon gekry oor ’n goeie rapport en sy boetie het ’n tablet gekry vir sy goeie rapport. Hulle mag net sekere tye daarop wees en saans word dit gebêre. Die X-boxes dieselfde, net sekere tye op die x-boxes. My kleinseun het met sy verjaarsdaggeld vir hom ’n game gekoop van R600.”

Ronel Dippenaar sê: “Wanneer hulle 16 jaar oud is, nie voor dit nie. Kinders het te groot geword vir hul skoene, speel glad nie meer nie. TV, rekenaars en selfone het hul lewens van so jonk af soos twee jaar oud oorgevat. Ek ervaar dit met my eie kleinkinders ook. Dit is baie hartseer.”

Zelda Nortje sê: “Ek was nou die dag geskok om te sien hoe 16-jarige meisies op hul Instagram-live sit en rook en drink. Dan praat eke nie eers van die taalgebruik nie. Laat mens twee keer dink om selfone vir kinders te gee.”

Wenke vir wanneer jou kind ’n selfoon het

  • Skermtyd en tyd wat met die selfoon deurgebring word, kan beperk word.
  • Selfone kan ’n sekere tyd saans aan ouers oorhandig word.
  • Jy kan child protection deur Google se safe search op jou kind se foon aktiveer.
  • Menige toeps is beskikbaar wat jou kind se foonaktiwiteite, oproepe en boodskappe kan monitor.
  • Sekere sosialemediatoeps kan geblok word sodat jou kind dit nie kan aflaai nie.
  • YouTube kan ook volgens ouderdomsbeperking ingestel word.

LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: