Voer vir ‘n Boer help 100 gesinne op Loeriesfontein, kyk foto’s hier

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Voer vir ‘n Boer het vanoggend soos een span om 03:00 met hulle vyf vragmotors, 15 bakkies en 53 mense vanaf Rustenburg op pad na Loeriesfontein vertrek.

Voer vir ‘n Boer is ‘n organisasie wat 100 gesinne in Loeriesfontein van voer en kospakkies voorsien.

“Die vragmotors was vol voer en ons het ook 300 kospakkies saamgevat vir die 100 gesinne wat swaar kry,” sê Izelle Sultanum, admin.

Sultanum verduidelik verder hulle pak elke drie maande hierdie reis aan. Die 300 kospakkies word by ‘n kerk afgelaai waar die gesinne dit kan gaan optel. Die kospakkies sal hulle kan voed vir die volgende drie maande tot wanneer die vragmotor weer ry.

Die kospakkies is vanmiddag om 12:00 by die kerk afgelaai. Die span vertrek môreoggend weer terug na Rustenburg.

“Enigiemand kan ons help. Indien iemand in die omgewing wil betrokke raak, is hulle meer as welkom om ons te kontak.

Indien jy ‘n bydrae wil lewer, kontak Izelle Sultanum by 067 427 8118, Hennie Pieterse 076 455 7710 of Fred Wille 083 661 1365.

Video van vragmotors en bakkies wat aangery kom op TikTok.

LEES OOK: Helen Zille: Noue ontkoming toe boom neerstort tydens verjaarsdagviering

LEES OOK: Duitse chirurg sprinkel kokaïen op privaatdele voor seks met minnares

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.