KIMBERLEY. – ‘n GWM-bakkie en ‘n Sol Plaatje-vragmotor was gister in ‘n botsing op die N8 (Griekwastad-pad) betrokke. Die ongeluk het die twee insittendes van die bakkie se lewens geëis.
FiNDiT het gister berig van die ongeluk 8 km buite Kimberley.
“Die bakkie het na bewering agter die vragmotor gery. Die vragmotor wou by die 8 Myl-plaas indraai, toe die bakkie teen die vragmotor bots,” sê kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder.
Botsing voor 8 Myl-plaas
Paramedici het die bestuurder en een insittende van die bakkie op die toneel dood verklaar. Die ander passasier in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem.
Die vragmotorbestuurder en albei passasiers van die vragmotor is na die hospitaal geneem. Twee is in ‘n kritieke toestand en die ander een het minder ernstige beserings.
LEES OOK: Petrus Groenewalt (70) steeds vermis na hy spoorloos verdwyn
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



